August 8, 2024

Wes-Kaap Jeugskou Onttrek Deelname aan Nasionale Kampioenskappe weens Bek-en-Klouseer Risikos

Wes-Kaap Jeugskou

Die Wes-Kaap Jeugskou het aangekondig dat hulle nie vanjaar aan die Nasionale Jeugskou Kampioenskappe in Middelburg, Mpumalanga sal deelneem nie, weens die huidige uitbreking van Bek-en-Klouseer in sekere dele van die land. in sekere dele van die land.

Belangrike Punte uit Vergadering

Na ‘n dringende vergadering met die bestuur, afrigters en landbouskole, is die volgende belangrike punte uitgelig:

  1. Die Wes-Kaap is Bek-en-Klouseer vry. Indien dit na die Wes-Kaap versprei, sal dit verreikende gevolge vir die veedryf en die ekonomie inhou.
  2. Om te verhoed dat diere van ander provinsies op skouterreine en in ringe kompeteer, verseker hierdie stadium ‘n groot risiko.
  3. Dit het aan die lig gekom dat sekere variante geen simptome toon nie, maar dat diere steeds positief toets en dit kan versprei.
  4. Nuwe regulasies, soos aangekondig deur die Minister van Landbou op 26 Julie, vereis dat alle diere (ongeag die provinsie) vir 28 dae gekwarantyn moet word voor dit aan ander diere bekend gestel mag word, wat baie moeilik is met die vertrek hier en die terugkom.
  5. Nog ‘n bekommernis is dat Bek-en-Klouseer ook deur mense oorgedra kan word, veral as so ‘n persoon van een kudde in ‘n provinsie na ‘n ander kudde in ‘n ander provinsie reis. Dit geld ook vir voertuie, klere, spaargerei ensovoorts.

Besluit en Toekomsplanne

Die Bek-en-Klou uitbreking in die Oos-Kaap het geweldig vinnig versprei en is op die Wes-Kaap se voorstoep. Dit is nou krities belangrik dat alle rolspelers hul deel moet doen om nie net waaksaam te wees nie, maar voorkomend op te tree. Dit is ook uiters belangrik dat die Wes-Kaap Jeugskou en die Landbouskole in die Wes-Kaap verantwoordelik moet optree.

Na ‘n spannende kompetisie is 103 leerders gekies om die provinsie by die SA Jeugskou Kampioenskappe, wat plaasvind in Middelburg, Mpumalanga vanaf 22 – 25 September 2024, te verteenwoordig.

In die lig van bogenoemde het die Wes-Kaap Jeugskou Bestuur en die Afrigters besluit om nie vanjaar aan die Nasionale Jeugskou Kampioenskappe in Mpumalanga deel te neem nie, maar eerder ons eie skoue in die Wes-Kaap te ondersteun. Dit geld vir alle afdelings. “Ons het begrip vir die deelnemers, maar glo dat hulle en hul ouers die groter prentjie sal sien en sal saamstem dat dit beter is om voorkomend en verantwoordelik op te tree. Ons wens ook die Nasionale Bestuur alle voorspoed toe met die kampioenskappe.”

Hierdie besluit is met die volle ondersteuning van Breyton Milford (Voorsitter), Pierre Human (Onder-Voorsitter) en Annaline van Wyk (Sekretaresse) geneem.