Produsente word verplig om meer doeltreffend en ekonomies in die huidige landbou omgewing te boer; met ‘n groter vraag na menslike voedsel, minder beskikbare bewerkbare grond en finansies wat onder druk is. Die druk word ook deur die herkouers in ons produksiestelsels ervaar; met die einddoel om meer doeltreffend te produseer onder stremme omstandighede. Dit veroorsaak verhoogde stresvlakke in ons herkouers. Dit sluit die stres in om hulle oor te skakel na intensiewe produksiestelsels (bv. lamhokstelsels en voerkrale), vervoer na verskillende plase en verhoogde siektelading of uitdagings. Dit, in kombinasie met die “normale” stressore waaraan herkouers daagliks blootgestel word, insluitend roofdiere, speenskok en omgewingstres (veranderings in voer of kampe, die weer, temperatuur en troppe).
Hoe Stres die Dier Beïnvloed
Stres kan op een van twee maniere deur die boer bestuur word, wat beide voeding insluit: bestuur die oorsaak (oorsprong) van stres of bestuur die effek van die stres.
Sodra enige herkouer blootgestel word aan ‘n stresfaktor, verhoog die hartklop en respirasie tempo, kortisol word vrygestel, veranderings in bloedglukose-vlakke vind plaas en verlaagde voerinname word gewaar. Die veranderings in hartklop en respirasietempo, is ‘n poging van die liggaam om die dier se spiere voor te brei om vinnig te kan vlug of om die liggaam weer onder “normale” omstandighede te bring (bv. gedurende hitte stres). Bloedglukose-vlakke verhoog, om energie aan die dier beskikbaar te maak. Kortisol, die “stres-hormoon”, het verskeie werkings op die dier se liggaam, wat die funksie van die imuunsisteem se werking insluit en veroorsaak dat liggaamsweefsel afgebreek word om voedingstowwe beskikbaar te stel. ‘n Afname in voerinname veroorsaak ‘n reeks van effekte op verskillende metaboliesestelsels in die dier.
Die spysverteringstelsel word kwesbaar omrede daar minder voer deur die stelsel beweeg en bloedtoevoer minder is (omrede bloedtoevoer na ander stelsels verhoog om die stres te probeer bekamp), dus word die gewone omstandige in die spysverteringstelsel gesteur. Dit lei tot inflammasie (aktivering van die imuunsisteem) en ‘n toegangsroete vir patogene om die liggaam binne te gaan. Imuunselle wat gedurende inflammasie geaktiveer word, gebruik glukose, ‘n vinnige beskikbare energiebron. Inflammasie lei uiteindelik tot morbiditeite, en moontlik mortaliteite, indien dit nie reg bestuur en behandel word nie. Die teenoorgestelde kan ook gebeur; die imuunsisteem se funksie mag ook af neem gedurende stres, wat veroorsaak dat opportunistiese mikrobes (wat gewoonlik geen gevaar aan die dier stel nie), siekte veroorsaak. Die bekendste hiervan is infeksies van die lugweg en longe. Gevolglik, neem produksie in ‘n dier wat stres ervaar af, omrede minder voedingstowwe beskikbaar gestel word vir dié funksies, wat groei, reproduksie en melkproduksie insluit.
Voermol Stressbuster (V35135): ’n Praktiese Oplossing
Stres is onvermydelik en in party gevalle, onopspoorbaar maar teenwoordig. Die produsent kan poog om die effek van stres op die gesondheid en produksie van hy/haar herkouers te verlaag. Voermol het deeglike navorsing voltooi om ‘n oplossing in die mark vry te stel wat die gevolge van stres in herkouers verlaag; Voermol Stressbuster (V35135).
Voermol Stressbuster (V35135) is uniek geformuleer om die spysverteringskanaal se gesondheid en funksie te ondersteun, immuniteit te verbeter, voedingstof verteerbaarheid te verhoog en morbiditeite en mortaliteite te verlaag. Melasse word in die formulasie van Voermol Stressbuster (V35135) gebruik, ‘n bron van suiker, wat smaaklik is (dus voerinname stimuleer) en maklik in glukose omgeskakel word om die verhoogde energie behoefte van herkouers wat stres ervaar, te ondersteun.
Bestuur die Onvermydelike
Met Voermol Stressbuster kan produsente met gemoedsrus weet dat hul herkouers se gesondheid en produksie beskerm word, selfs onder uitdagende toestande. Bestuur stres doeltreffend – bestuur dit saam met Voermol Stressbuster.
Artikel: Ashley Grimsell
Tegniese Bestuurder, Voermol Voere