Die “Laaste Kans” vir twee ikoniese toere in Maart 2025: Egipte & Jordanië en Indië & Tiere – waar antieke geskiedenis, wonder kleure en geure, en groot avontuur wag. Hierdie is een-keer-in- ’n-leeftyd-reise na twee van die wêreld se mees uitsonderlike bestemmings, wat kultuur, geskiedenis en natuur op onvergeetlike maniere verweef.
Egipte & Jordanië: Ontdek die verlore stad…
Een van die hoogtepunte is Petra, bekend as die “Verlore Stad.” Eeue lank verborge en herontdek in 1812, is hierdie rooskleurige stad ’n UNESCO Wêrelderfenisgebied wat besoekers betower. Bewonder die majestueuse uit-rots-gekapte Tesourie en dwaal deur die nou kleurvolle ravyn wat eggo met die fluisteringe van die eens magtige Nabateër-beskawing. Voeg daarby die wonders van die Piramides van Giza en ’n pragtige vaart op die magtige Nyl omring deur die skatte van die Farao-heersers van eens.
Indië & Tiere: Argitektoniese perfeksie…
In Indië ontdek jy die sublieme Taj Mahal, die toppunt van argitektoniese perfeksie. Gebou as ’n monument vir die liefde, met sprankelende wit marmer fasades en absolute skoonheid van alle kante. Hiermee saam opwindende safari-avonture op soek na die skaam Bengaalse tiere in Ranthambore; en die bruisende energie van Varanasi op die Ganges – die moeder-rivier en die ware spirituele tuiste van Hindoeïsme. Beleef die rustige prag van sy tempels, die lewendige kleure, aromas en smake van opwindende Indië.
Met beperkte plekke beskikbaar, is hierdie toere jou kans vir herinneringe vir ’n leeftyd, ontrafel antieke raaisels, die grootsheid van mensgemaakte- en natuurwonders.
Kontak TE Tours by Club Travel Tyger Valley,
www.smallgrouptours.co.za,
Tel: 021 914 2265, of e-pos [email protected]