Flamenco, fado, port of sangria… dalk tapas… onvergeetlike Spanje en Portugal – kom saam op ’n klein groep toer in Maart 2025. Beleef die ryke kultuur- en historiese erfenis van die Iberiese Skiereiland, ervaar nuwe belewenisse, blywende herinneringe… Ons begin in vooruitstrewende Barcelona, Spanje se kroonjuweel, maar ook grootste kopseer oor die Katalane se ewige smagting na groter onafhanklikheid. In hierdie netjiese stad is dit veral Gaudí se unieke argitektuur wat opval en die hoogtepunt, die Sagrada Familia, betower en verwonder almal.
Vervolgens die Spaanse hoofstad, Madrid en weer eens Spaans by uitstek. Veral die wêreldbefaamde Prado-museum se indrukwekkende versameling van groot meesters waarin jy jou kan verlustig – ’n uitsonderlik genotvolle ervaring, selfs vir diegene wat gewoonlik sogenaamde ‘hogere kuns’ probeer systap.
Ons reis verder deur Andalusië, met besoeke aan Sevilla, Cordoba, en Granada – ’n streek met ’n mengsel van Moorse en Spaanse kultuur wat nêrens anders ter wêreld te vinde is nie. Veral die grootse Alhambra in Granada, ‘n meesterstuk van Moorse argitektuur, maak ’n blywende indruk.
In Portugal se ikoniese hoofstad, Lissabon, stap ons deur kronkelende strate en geniet die alombekende pasteis de nata, ’n genotvolle gedagte aan ons eie melktert. Portugal se seevaarders word oraloor gedenk en dis wat gewoonlik besoekers uit Suid-Afrika se harte vinniger laat klop – ons gedeelde erfenis van so ver terug as Dias en Da Gama.
Dan na die hartland van port, Porto: Prentjiemooi op die Douro-rivier, styl woonbuurte en prag brûe, vanwaar ons die verruklike Douro-vallei met sy wingerdterrasse ingaan.
Of jy nou ‘n liefhebber van kos, kultuur of geskiedenis is, hierdie reis bied vir almal iets besonders. Van die klanke van flamenko en fado tot die smaak van tapas en port, sal hierdie reis jou sintuie prikkel en jou laat hunker na meer.
Skakel TE Toere by Club Travel Tygervallei, tel. 021 914 2265, of
e-pos na [email protected], www.smallgrouptours.co.za