March 11, 2025

Ontdek Patagonië saam met TE Toere – van Santiago tot Buenos Aire

Ontdek Patagonië saam met TE Toere

Patagonië – uitgestrek en ongerep regoor Suid-Amerika vanaf Chili tot Argentinië… ‘n sogenaamde ‘last frontier’ en beslis een van die mees asemrowende en diverse bestemmings op aarde. ’n Reis deur hierdie afgeleë landskap, van Santiago tot Buenos Aires, is ’n eens-in-‘n-leeftyd avontuur, ‘n ongewone samevoeging van twee op-en-wakker wêreld-stede en die natuurskoon van ‘n ongerepte wildernis.

Ons begin in Santiago, Chili se bruisende hoofstad, waar koloniale argitektuur en moderne styl bymekaar kom. Ons proe mildelik aan die beroemde Chileense wynstreke, Casablanca en Maipu en ook eklektiese Valparaiso. Vandaar reis ons suid na die ikoniese Torres del Paine Nasionale Park “- “Torings van Paine” waar grootse granietpieke die naam gestand doen teen turkoois mere en gletsers as agtergrond.

Aan die Argentynse kant wag nog wonderwerke. Net buite El Calafate, ’n klein Patagoniese dorp, beweeg die asemrowende Perito Moreno-gletser – een van die min gletsers wat nog steeds groei. Voorwaar ‘n ysparadys waar krakende, donderende en bewegende ys almal se kamerasluiters laat oortyd werk en telkens na hul asems laat snak – ‘n boot neem ons tot naby, maar veilige afstand, van die blou ysmuur. Daar is ook maklik toeganklike dekke op die bergkant waarteen die gletser vasbeweeg vanwaar ons die ysrivier kan bewonder.

Nog verder suid is Ushuaia, die wêreld se suidelikste stad en toegangsroete tot nog ‘n ongelooflike wildernis, Tierra del Fuego – die “Land van Vuur” met sy digte woude, ruwe kuslyne en wye, oop vlaktes. Die sogenaamde ‘trein na die einde van die aarde’ bring is tot naby al die wonders.

Ons epiese reis eindig in vurige Buenos Aires, Argentinië se kosmopolitiese en legendariese hoofstad, waar Europese elegansie en Latyns-Amerikaanse passie – historiese strate en tango-ritmes gemaklik saamdans.
Van berge en gletsers tot wind verwaaide vlaktes en bruisende metropole – hierdie reis deur Patagonië beloof ‘n unieke ervaring met herinneringe vir ‘n leeftyd.

Kontak TE Toere by Club Travel Tygervallei, Tel: 021 914 22656, [email protected]
www.smallgrouptours.co.za