March 13, 2024

Martin en Jaco se Epic Fietstoer Ten Bate van CANSA

Die spreekwoord lui “When your legs get tired, cycle with your heart”, en twee dapper manne, Martin Cilliers en Jaco Swanepoel, gaan dit letterlik en figuurlik ten doel stel. In die uitdagende 8-daelange Absa Cape Epic 2024 fietstoer, gaan hulle alles gee om fondse in te samel ten bate van KANSA (Kanker Assosiasie van Suid-Afrika).

“Dit is ‘n saak wat na aan ons harte lê. Heelwat mense en ook ons familie, het al geliefdes afgestaan aan kanker en deur die hartseer gegaan. Vandaar is die idee gebore om fondse in te samel vir kankernavorsing,” verduidelik Martin.  Hy sê dat alle fondse wat deur hulle gegenereer word, direk aan KANSA geskenk gaan word. “Ons mikpunt is R230 000, maar as ons R250 000 kan haal sal dit baie harte bly maak. Besoek gerus ons webblad om vordering dop te hou of ‘’n direkte skenking te maak – Given Gain Campaign: Jaco & Martin raising funds for CANSA Active https://shorturl.at/tMNZ1”.

Op 17 Maart spring die 2-manspan weg by die 20ste Absa Cape Epic by Lourensford in Somerset-Wes en eindig met die Grand Finale in die pragtige Stellenbosch. Die Epic fietstoer is berug onder selfs geharde trappers en dikwels geestelik, fisies en emosioneel uitdagend. Die roete duur ongeveer 700 kilometers van ongetemde terrein met ongerepte natuurskoon oor berge en deur valleie, en self so hoog as 16 650m se uitmergelende klim!

“Ons is opreg dankbaar vir InteliGro se ondersteuning” sê Jaco Swanepoel, “ons grootste borg. Ons hoop nog maatskappye of individue sal betrokke raak vir die goeie saak. Volg InteliGro se sosiale media blaaie, ons gaan foto’s instuur om die roetes en gebeure te deel, daar sal sekerlik ‘n lekker val of 2 ook in wees!”

Dis so maklik om deel te neem aan die fondsinsameling. Spesiale KANSA fietsry hempde is laat maak vir die fietstoer, met name van persone wie deur kanker geraak is daarop. Vir ‘n minimum skenking van R100 sal die naam van ‘n geliefde wie se lewe deur kanker geraak is by die trui-ontwerp gevoeg word. Dit kan iemand wees wat met kanker geveg het of oorwin het. Voeg eenvoudig hul naam by jou boodskap wanneer jy ‘n skenking maak en dit sal in die ontwerp geinkorporeer word.

Maar dis nie al nie! Vir elke beperkte oplaag CIOVITA CANSA-trui wat verkoop word, sal aan CIOVITA R1000 aan KANSA skenk om te help in hul doelwit om ‘n kankervrye Suid-Afrika te skep. https://shorturl.at/QVZ08.

“Ons weet maar te goed dat wat ons doen niks meer as ‘n druppel in die see is nie. Maar as die druppel nie daar was nie, sou die see iets gemis het,” het Moeder Theresa gesê. Laat jou druppel tel!

KANSA Suid-Afrika

KANSA se visie is om Suid-Afrika na ‘n kankervrye samelewing te lei. Die missie, as ‘n nie-winsgewende organisasie wat kanker beveg, is om navorsing moontlik te maak, die publiek op te voed en alle mense wat deur kanker geraak word, te ondersteun.

Deur samewerkende navorsing beoog KANSA om innoverende, effektiewe en relevante benaderings tot die voorkoming, diagnose en behandeling van kanker te bevorder en te ondersteun.

KANSA gebruik bewysgebaseerde navorsing om hul voorspraakwerk, gesondheidsopvoedingsprogramme en diens aan diegene wat met kanker leef, in te lig.

The Cancer Association of South Africa

 

InteliGro

InteliGro is ‘n leier in die verskaffing van geïntegreerde gewasoplossings, met ‘n netwerk in Suid-Afrika en Namibië om die visie te ondersteun om die produsent en die landbou industrie volhoubaar te hou.

Die volhoubaarheid en die sukses van produsente is die kern van die InteliGro-besigheid, met die doel om gewasse te optimaliseer en te beskerm sodat hoë kwaliteit opbrengste kan geproduseer kan word. Met ‘n span gesertifiseerde gewasadviseurs, ervare tegniese spesialiste, verskaffers van topgehalte en omvattende produkreekse, is InteliGro in die beste posisie om kundige gewasadvies, wetenskaplik gebaseerde insigte en geïntegreerde gewasoplossings te verskaf – terwyl die fokus op toekomstige voedselveiligheid en- verskaffing in Suid-Afrika gehou word.

www.inteligro.co.za