15.5 C
Cape Town
Friday, October 24, 2025

KragDag 2025: Bou ’n Nalatenskap van Selfstandigheid

EventsKragDag 2025: Bou ’n Nalatenskap van Selfstandigheid

In ’n tyd van onsekerheid en afhanklikheid bied KragDag 2025 ’n daadwerklike antwoord. Hierdie inspirerende selfstandigheid-ekspo vind van 7 – 9 Augustus 2025 plaas op Diamantvallei Landgoed buite Pretoria, en nooi besoekers om saam oplossings te vier en ’n nalatenskap van volhoubaarheid te bou.

Onder die tema “Bou ’n Nalatenskap” fokus KragDag daarop om gesinne, boere en ondernemings toe te rus vir praktiese selfstandigheid – van onafhanklike onderwys en alternatiewe energie tot waterbestuur, veiligheid, landbou, jag, selfdoenoplossings, gereedskap en meer. Uitstallings, demonstrasies, opvoedkundige kinderruimtes en gemeenskapskuierareas maak dit ’n fees vir die hele gesin.

Volgens KragDag-bestuurshoof HP Steyn is nalatenskap iets wat mens vandag bou – vir geslagte wat volg. Hierdie jaar verbind KragDag hom ook tot die uitbreiding van Afrikaanse hoër onderwys deur Akademia se nuwe kampusprojek in Pretoria-Oos te ondersteun. Só kry elke besoek momentum wat verder strek as die ekspoterrein.

’n Groeiende beweging – KragDag het oor die jare gegroei tot ’n trefpunt vir mense wat anders dink, anders bou en anders leef. Die duisende deelnemers en honderde uitstallers getuig van ’n nuwe generasie wat selfstandigheid ernstig opneem en bereid is om werklik oplossings te implementeer. In 2025 bou KragDag voort aan hierdie beweging – ’n gemeenskap van doeners wat nie net praat oor verandering nie, maar dit elke dag leef.

Vir meer inligting besoek www.kragdag.co.za

Check out our other content