July 11, 2024

Inteligro: Voed die boompie terwyl dit jonk is

Inteligro

BJ van der Merwe se verhouding met landbou kom al ’n lang pad, sedert die tyd toe sy oupa buite Caledon geboer het. Na sy studies is hy terug na die area as bestuurder op ’n kleingraan plaas, gevolg deur 4 jaar in die Swartland. Tans is dit sy vierde seisoen as InteliGro Gewas Adviseur in Wellington en Riebeek-Kasteel.

“By InteliGro het ons van die beste tegniese ondersteuning in die land. Ons is nie slegs ‘n eenman-bedryf nie en as ’n span bied ons regtig net die beste aan die produsent. Ons kundige tegniese span, wat plantvoedingspesialiste insluit, gee defnitief aan ons ‘n kompeterende voordeel en onderskei ons van ons konkurente”.

BJ glo daarin dat gewassukses reeds begin terwyl die plante nog jonk is en daarom  fokus hy ook op plantvoeding  in die nie-draende fase.   “’n Plant wat goed gevoed is en nie tekorte het nie maak die pad vorentoe net soveel makliker wat siektes en plae betref. Die regte voeding op die regte tye is wat die verskil maak.”

Die sukses van die amandelboorde van die plase Vrymansfontein en Vondeling buite Paarl, asook boorde buite Hermon en Wellington getuig dat die fokus op plantvoeding, as deel van n holistiese benadering, die moeite werd is.

“Vir optimale opbrengs op amandels moet jy drae-eenhede (blomogies) op die takke kry wat vrugte kan dra. Elke blom produseer ’n vrug; daarom is dit belangrik dat ons seker maak dat die boom sterk en gesond is van jongs af. As jy nie ’n groot amandelboom het teen die tyd wat hy moet begin dra nie, is jy klaar op die agtervoet.”

BJ verduidelik hoe hy met Haifa se Beheerdevrystelling kunsmis (Controlled Release Fertiliser of CRF) resultate kry. Haifa se Multicote™ Agri Juvenile word vir die eerste drie jaar op die jong boompies gebruik om te verseker dat die bome groot en gesonde stamme en takke te vorm. Op jaar vier, met die eerste oes, is die bome sterk genoeg om baie vrugte te vorm.

   Waarom is die CRF-voeding so suksesvol?

Alles begin in die wortelstelsel. In jong boorde waar worstelstelsels nog net in 10-15% van die voedingsarea ontwikkel het, kom die regte voeding nie noodwendig op die regte plek uit nie. Met CRF word die voeding reg by die wortels in die grond toegedien en dit sny sodoende vermorsing tussen bome en oneffektiewe toediening dadelik uit.

Amandelbome in die Kaap kan maklik swaarkry gedurende nat wintermaande en wanneer wateroplosbare voeding deur middel van besproeiing gedurende die nat periodes toegedien word, kan bome skade ly of versuip. Die CRF-voeding, wat in die grond toegedien word, stel slegs voeding volgens die grondtemperatuur vry wat loging verminder tydens nat periodes.

Voeding deur drupbesproeiing kan ‘n klomp nutriënte op ‘n slag toedien, wat potensieël probleme kan veroorsaak, terwyl CRF ’n oplossing vir die probleem kan  bied.  Dit  bevat  die  heeljaar  se  voedingsbehoefte.  Die tempo van voedingsvrystelling is gebaseer op die spesifieke formulering van die CRF wat toegedien word waar die wortels toegang het om dit op te neem.

“Vir ons gaan dit 99% oor die gesonde wortelstelsel, die grootte van die stam en die grootte van die boom. Een van die dinge wat ons opgemerk het met Haifa se CRF-voeding is dat die bome baie dikker stamme het – tot soveel as 30% dikker as bome op tradisionele voedingsprogramme. Hoe dikker die boom se stam is, hoe meer vrugte kan die boom dra.”

Kontak BJ van der Merwe: [email protected]