January 15, 2024

InteliGro se Innoverende Landboustrategieë – ‘n Aand van Verbinding, Vooruitgang en Viering in die Vyeboom-Omgewing

Prentjiemooi appelboorde en stringe liggies onder ‘n groot Bedouin-tent het produsente en verskaffers op 16 November by die Skilpad Teater verwelkom vir InteliGro se Produsente-aand in die Vyeboom-omgewing van die Wes-Kaap. InteliGro is al vir meer as 30 jaar aktief in die Elgin-Grabouw-Vyeboom-Villiersdorp (EGVV) area betrokke.

InteliGro Gewas Adviseur, Wian Smith, het die aand begin deur die drieledige doel van die byeenkoms te verduidelik: om produsente te verenig, InteliGro se waarde-aanbod uit te lig, en hul bydrae tot boerdery-ondernemings vanuit ‘n kommersiële, tegniese en area-struktuur perspektief te bevestig.

Smith het beklemtoon dat, ten spyte van die moeilike tyd wat die omgewing ondervind het met vloedskade wat gemoedere laat sak het, almal nou optimisties vorentoe kyk na ‘n goeie seisoen en oes.

InteliGro

 

“Die InteliGro-slagspreuk ‘Dit begin op die Plaas’ is werklik relevant as ‘n mens terugkyk na hoe almal met soveel karakter saamgestaan en saamgewerk het – om slote te grawe, boorgate te herstel, selfs ‘n pomp uit die rivier te herwin – alles om die oes aan die bome te red. Ons is opreg dankbaar vir die vertroue wat produsente in ons maatskappy plaas om ‘n verskil te maak, asook vir die geleentheid om ons suksesverhale nog verder in die EGVV-area uit te bou.”

Niel Kruger, Streeksdirekteur van InteliGro Suid, wat tweede aan die woord was, het die geskiedenis van InteliGro as ‘n betroubare besigheidsvennoot in die landboubedryf bespreek, die belangrike rol van verskaffers erken, en die noodsaaklikheid van innovasie in landbou beklemtoon. Hy het ook verwys na die samesmelting van Terason en Technichem in 2016, wat InteliGro gevorm het met die doel om volhoubare landbou-oplossings te bied.

Kruger het die langdurige verbintenis van InteliGro in die streek beklemtoon, en ‘n nuwe uitbreidingsfase in die area aangekondig.
InteliGro se waarde-aanbod: Ná ‘n nederige begin as ‘n klein maatskappy het InteliGro op ‘n verantwoordelike wyse in verskeie geografiese areas en gewasse uitgebrei en is landwyd besig om ‘n sterk stempel af te druk. InteliGro se Gesertifiseerde Gewas Adviseur-program bring die industrie, kundigheid en mense bymekaar. Geld, energie en tyd word belê om seker te maak dat top gehalte-profiel mense op die regte plekke ontplooi word. Kruger het verduidelik, “Dit gaan daaroor om die régte oplossings op die régte tyd vir die régte uitkoms te kan verskaf en sodoende ‘n vertrouensverhouding uit te bou.”

InteliGro

Respek, Dankbaarheid, Vertroue: Kruger het InteliGro se kernwaardes toegelig, wat die besigheid se fokus op mense en verhoudings onderstreep: RESPEK vir hul span, kollegas, verskaffers, produsente, en die natuur; DANKBAARHEID vir jare se samewerking en lojale ondersteuning; en VERTROUE, noodsaaklik vir samewerking, wat gebou word op deurlopende, positiewe resultate.
Die aanstelling van Tielman Marais as die Area Kommersiële Bestuurder bring ‘n nuwe en toegewyde fokus. Marais is sedert 2021 ‘n InteliGro Tegniese Bemarking Spesialis met die primêre fokus op kern- en steenvrugte en kleingraan in die Suid-Kaap. Tielman gaan nou saam met Wian Smith in die area werk, met ondersteuning van die tegniese span wat insluit Rian Briedenhann, Andries Stofberg en Lionel van Schalkwyk.

Gerbrandt Kriel, InteliGro se Tegniese Bemarkingsbestuurder, het die maatskappy se toewyding tot die voorsiening van spesifieke behoeftes vir produsente benadruk, met ‘n klem op hul uitgebreide tegniese portefeulje insluitende gespesialiseerde plantvoeding.

Hy het die groei van InteliGro se plantvoedingsafdeling en die belangrikheid van hul biologiese afdeling uitgelig. Kriel het ook die rol van InteliGro se hoogs opgeleide Gewas Adviseurs en hul nasionale netwerk beklemtoon, wat ‘n wesenlike impak op plaasvlak het. InteliGro se netwerk van GA’s is in elke gewasproduserende area van die land ontplooi.

Programme: InteliGro fokus op verskeie sleutelprogramme, soos beskryf deur Kriel. Die CCA-program, of Gesertifiseerde Gewas Adviseurprogram, ontwikkel individue in verskeie gewasse en verbeter hul vaardighede, wat lei tot hoë-gehalte adviseurs, professionele en persoonlike groei, en verbeterde bystand en aanbevelings vir produsente. Hierdie program sluit gewaswerksgroepe in wat bestaan uit Gewas Adviseurs, Tegniese Spesialiste en konsultante in wat uitdagings identifiseer en oplossings vind. Dit gee aan InteliGro die unieke geleentheid om kruisbestuiwing in verskillende streke te bevorder sodat die maatskappy landwyd die beste resultate kan lewer.

Intelekt Solutions, bekendgestel in 2018, fokus op wetenskaplike proewe met ‘n klem op Opbrengs op Belegging. Hierdie proewe, insluitende die onlangs uitgevoerde onkruiddoder-proewe op kern- en steenvrugte, dra by tot die opbou van kundigheid en insigte vir beter besluitneming.

Die Rentmeesterskapprogram bevorder verantwoordelike landboupraktyke om landbou vir toekomstige generasies volhoubaar te hou. Dit sluit omgewings-rentmeesterskap in, met ‘n fokus op veilige boerderypraktyke vir gemeenskappe en voortdurende opleiding vir plaaswerkers in veilige produkhantering en omgewingsbewustheid. Produkrentmeesterskap, soos deur Kriel verduidelik, is ‘n bekende konsep onder landbouers, veral in die lig van markdruk en die uitfaserende beskikbaarheid van sekere aktiewe bestanddele weens regulasies. Kriel beklemtoon dat die probleem van weerstand, nie net in terme van marktoegang nie, maar ook in onkruide se weerstand teen aktiewe bestanddele, dikwels onderskat word. Hy voeg by: “InteliGro wy baie tyd aan die ontwikkeling van programme om seker te maak dat produkte reg en afwisselend gebruik word. Dit help om weerstand te beveg en verseker dat produkte hul optimale resultate bereik.”

Vir meer inligting besoek www.inteligro.co.za of skakel 021 873 6177