Onder die bekwame leiding van Mnr. Motti Levin, wat sedert April 2018 as uitvoerende hoof van die Haifa Groep dien, het die maatskappy sy posisie as ‘n wêreldleier in spesialiteitsplantvoeding bevestig.
Levin bring meer as twee dekades se ervaring in senior bestuursposisies by internasionale maatskappye, waar hy as CEO en CFO gedien het in uiteenlopende bedrywe soos logistiek, internasionale handel, chemikalieë en landbou na Haifa Groep. Sy diepgaande sake- en bestuurskundigheid stel hom in staat om Haifa Groep na nuwe hoogtes te lei, met beduidende voordele vir die landbousektor.
Pionierskap – Haifa Groep
Die Haifa Groep is ‘n multinasionale korporasie en een van die wêreld se voorste verskaffers van spesiali-teitsplantvoeding. Met dekades se ervaring is Haifa bekend vir sy pioniersgees en innoverende oplossings wat gevorderde landboupraktyke ondersteun. Sedert die 1960’s staan Haifa aan die voorpunt van die globale landbou-revolusie, met die bekendstelling van “Nutrigation™” en die gebruik van kaliumnitraat as ‘n kunsmis, wat ‘n nuwe era in plantvoeding ingelei het.
Innovasie en Volhoubaarheid
Aangedryf deur ‘n gees van pionierskap en innovasie, lewer Haifa baanbrekende oplossings wat gewasvoeding en kunsmiseffektiwiteit verbeter, terwyl omgewingsvolhoubaarheid hoog op die agenda bly. Haifa bedryf produksie-aanlegte in Israel, Frankryk, en Kanada, met 17 takke wat plantvoedingoplossings aan boere in meer as 100 lande regoor die wêreld verskaf.
Haifa se doelwit is om hoogs doeltreffende plantvoeding-oplossings vir boere wêreldwyd te ontwikkel, gebaseer op ‘n begrip van hul behoeftes en uitdagings. Haifa se oplossings integreer hoëgehalte produkte, kundigheid en gevorderde tegnologieë, met ‘n plantgesentreerde benadering wat boere in staat stel om presiese voeding toe te pas, aangepas by spesifieke gewasbehoeftes en omgewingstoestande. Dit optimaliseer opbrengste en bevorder volhoubare boerderypraktyke.
Produkte
Afgesien van Haifa se bekende kaliumnitraat (Multi-K GGTM) en ander wateroplosbare produkte het Haifa ’n baie innoverende beheerde vrystellings kunsmis reeks, genaamd Multicote AgriTM.
Die Haifa Groep beskik oor een van die wêreld se mees gesogste bedekkingstegnologieë wat gebruik word om Multicote™ en Multicote™ Agri-komponente te vervaardig.
Multicote™ Agri – ‘n gevorderde plantvoedingsoplossing
Haifa se Multicote™, ‘n 100% polimeerbedekte kunsmis, het gelei tot die ontwikkeling en bekendstelling van Multicote™ Agri.
Multicote™ Agri behels die meng van verskeie ten volle bedekte kunsmiskomponente met beskikbare onbeskermde kunsmis, om ‘n mengsel te skep wat ‘n ekonomies haalbare oplossing is vir die verbouing van ooplandgewasse.
Multicote™ Agri Beheerde Vrystellings Kunsmis is ontwikkel om gewasse regdeur die groeiseisoen van volhoubare voeding te voorsien – vir die beste resultate. Multicote™ Agri stel voedingstowwe geleidelik in die grond vry volgens die plant se vereistes. Hierdie tegnologie voorkom die uitloging van voedingstowwe, wat dus verbeterde gebruikseffektiwiteit van voedingstowwe tot gevolg het en toedieningsvlakke verminder.
Multicote™ Agri-produkte is uiters voordelig in die meeste omgewingstoestande, maar presteer veral goed onder die volgende omstandighede:
– Op ligte grond, waar gewone kunsmis maklik uitgeloog word.
– In gebiede met hoë reënval, waar reën voedingstowwe vinniger uitloog.
– Waar stikstoftoediening beperk is as gevolg van omgewingsregulasies.
– Waar bemestingstoerusting nie doeltreffend genoeg is nie.
– Vir gewasse met vlak wortelstelsels
– Vir gewasse met hoë voedingsbehoeftes
– In gevalle waar addisionele toedienings nie moontlik is nie (soos wanneer die gewas die grondoppervlak bedek, by gewasse met deklae, of in modderige velde).
Multicote™ Agri is die ideale kunsmis vir kontantgewasse in die oopland, beskutte gewasse, en vrugtebome.
Multicote® Agri – Familie
Verskeie Multicote Agri-samestellings is ontwikkel om boorde te ondersteun vanaf die kwekerystadium, deur die vestigingsfase van jong bome, tot volwaardige, produksie boorde.
Hierdie produkte sluit in, maar is nie beperk tot, die volgende samestellings:
– MCA (4) Juvenile + Zn & B
– MCA (4) Papa
– MCA (6) Juvenile + K
– MCA (8) Juvenile + Zn & B
– MCA (8) Oscar + TE
– MCA (8) Papa
Bogenoemde samestellings word met ‘n enkele toediening aangewend, wat wissel van 250 g tot 1350 g per boom, afhangende van die boom se grootte en voedingsbehoefte. Die aanbeveling vir jou boord se spesifieke behoeftes sal deur ‘n gekwalifiseerde Haifa-landboukundige gemaak word, gebaseer op die boordgeskiedenis, voedingsstatus en grondfaktore.
‘n Enkele toediening per jaar verseker deurlopende, volgehoue plantvoeding, sonder skadelike oorskotte of tekortkominge wat plantontwikkeling kan versteur.
Sluit aan by die Pioniers van vooruitgang
As jy wil deel wees van moderne, volhoubare bemestingspraktyke wat meer effektief is as dié van vroeër jare, kontak jou naaste Haifa-verspreider om seker te maak dat jy die regte produk verkry om jou gewas op ’n effektiewe en volhoubare manier te verbou.
Vir meer inligting besoek skakel 021-982 0309 | Viben Str. 15, Brackenfell | www.haifa-group.com