March 12, 2024

Innovasie en Insig Die Hartklop van Boeredag in Caledon en Moorreesburg

Dawie Roodt

Match Exchange (MX) bring ‘n opwindende Boeredag na die hartjie van ons landbou gemeenskappe, Caledon en Moorreesburg, op 20 Maart 2024. Hierdie geleentheid is nie net gefokus op die aanpak van die huidige uitdagings in die landbousektor nie, maar streef ook daarna om boere se horisonne te verbreed met nuwe perspektiewe en kennis. Deur vooraanstaande kenners te betrek, sal die Boeredag insigte bied oor toekomstige tendense en innovasies in die landboubedryf.

Sprekers

Boere kry die geleentheid om na twee gesaghebbende sprekers te luister. Dawie Roodt, ‘n bekroonde ekonoom en die gewilde aanbieder van Ontbytsake, sal sy insigte deel oor die aankomende verkiesing, die potensiële politieke en ekonomiese gevolge daarvan, en wat dit vir boere in terme van kritieke besluitneming beteken.

Pieter Geldenhuys, ‘n hoogs gerespekteerde internasionale konsultant, bekend vir sy werk as ‘n toekomskundige en wêreld strateeg, sal sy visie deel oor internasionale geo-politiese tendense en die impak van tegnologiese ontwikkelings op die landbousektor. Hierdie insigte is onontbeerlik vir boere om hul risikobestuur en besluitnemingsprosesse te optimaliseer.

Match Exchange (MX)

Match Exchange (MX) transformeer die manier waarop boere hul oeste bemark, met ‘n platform wat hulle direk met kopers verbind. Die kern van MX se benadering lê in die gebruik van tegnologie om die aanvoerketting te verkort en te vereenvoudig. Dit word bereik deur prysontdekking te fasiliteer binne ‘n netwerk waar boere, silo’s, en verwerkingspunte nie net geografies geposisioneer word nie, maar waar vervoerkoste ook in ag geneem word om transaksies te optimaliseer. Hierdie benadering verbeter nie net doeltreffendheid nie, maar ondersteun ook winsgewendheid en volhoubaarheid in die landbousektor.

Op 20 Maart word die Boeredag in twee sessies aangebied: in Caledon by die Victoria Hall begin die dag met registrasie om 08h00, en in Moorreesburg by Die Stoor begin die middag sessie met registrasie om 13h30. Boere geniet gratis toegang, terwyl ‘n toegangsfooi van R500 per persoon vir nie-boere geld.

Vir meer inligting: [email protected] | www.matchmx.com