Biovest Holdings is aan die voorpunt van Suid-Afrika se transformasie van hernubare energie deur die stigting van die Biomassa Sentrum van Uitnemendheid (BCoE). Hierdie innoverende projek is ontwerp om die biomassa-tot-energiesektor te lei deur nuwe industriestandaarde in volhoubare landbou en hernubare energie daar te stel. Suid-Afrika, as ‘n opkomende mark, bied ‘n unieke geleentheid vir BCoE om vooruitgang te dryf, kleinskaalse boere te bemagtig, werksgeleenthede vir die jeug te skep en koolstofbewuste boerderypraktyke te bevorder.
Biovest Holdings bedank graag al die beleggers wat bydraes maak tot die realisering van die Biomassa Sentrum van Uitnemendheid, ons doen ‘n beroep op ander beleggers en belangstellendes om by Biovest aan te sluit en deel te word van die Groen Hernubare Energie Revolusie by Biovest.
Die Biomassa Sentrum van Uitnemendheid (The Biomass Centre of Excellence)
’n Sleutelinnovasie van Biovest se filiaal, HerbaGas, is die ontwikkeling van tweedegenerasie-bioreaktore wat ontwerp is om biomassa in biogas om te skakel. Die Biomassa Sentrum van Uitnemendheid (BCoE), geleë op Eendrag Plaas naby Somerset-Wes, sal dien as ‘n demonstrasieterrein vir hierdie voorpunt- tegnologie. Die BCOE sal die hele biomassa-tot- energie lewensiklus ten toon stel, insluitend die biochemiese proses wat deur Herba gebruik word, die eerste bioreaktormodel, en die produksie van biochar deur biotermiese prosesse.
Herba, wat die “meganiese koei” genoem word, is gebou (“Gebore”) in Wellington, Wes-Kaap, en sal binnekort verskuif en by die BCoE gehuisves word. Dit sal operasioneel wees en oop wees vir publieke besigtiging vanaf middel tot laat Oktober 2024.
Die BCoE sal ook dien as die nuwe nasionale hoofkwartier vir HerbaGas (Edms) Bpk en ‘n sentrum vir opleiding, wat die volle landbou-ekonomiese siklus demonstreer – van biomassa tot biogas, biochar, voedingstowwe en koolstofkrediete. Eindgebruik- tegnologieë aangedryf deur bio-hernubare Biogas (B- RnG), soos trekkers, ketels en kragopwekkers, sal ook te sien wees.
Vir meer inligting skakel 021 001 7012 | E-pos: [email protected] | www.biovest.com