May 14, 2024

Augsburg Landbougimnasium: ‘n Baken van Landbou-Onderwys in die Wes-Kaap

Augsburg Landbougimnasium

Augsburg Landbougimnasium, geleë in Clanwilliam teen die hange van Karookop, is ‘n toonbeeld van landbou-opvoeding in die Wes-Kaap. Die skool se unieke ligging, met ‘n skoolgebou in die hart van Clanwilliam en drie plase – Augsburg, Warmhoek en Taaiboskraal, geleë 3 kilometer buite die dorp – maak dit die skool met die grootste oppervlakte onder landbouskole in die provinsie. Hier, skep Augsburg ‘n omvattende en unieke onder-wysomgewing vir sy leerders.

Augsburg Landbougimnasium

Die diversiteit van landbouproduksie op die plase is indrukwekkend. Van uiesaad tot sitrus, wyndruiwe tot rooibos, en ‘n verskeidenheid kleinvee insluitend Dorpers, Boerbokke, Merinos, en Melkbokke – Augsburg dek die volle spektrum van landboubedrywighede. Uniek onder landbouskole, bied Augsburg nie net laerskool onderrig aan nie, maar sluit ook dogterleerders in. Dit maak dit die enigste landbouskool in die Wes-Kaap wat dogters toelaat.

Passie vir Landbou en Wyn

Augsburg LandbougimnasiumElke jaar neem die leerders van Augsburg deel aan die opwinding van die parstyd, waar druiwe geoes word vir die produksie van hulle eie Karookopwyn. Verder bied Augsburg ook rooibostee-opleiding aan, wat ‘n unieke aanvulling tot sy landbouklasse is, en maak dit die enigste skool ter wêreld met hierdie spesialis opleiding.

Die opleidingsprogramme by Augsburg is ongeëwenaard. Met ‘n wye verskeidenheid vakke en 14 geakkrediteerde kursusse, bied die skool ‘n platform vir leerders om hul vaardighede te ontwikkel. Augsburg se kursusse rus sy leerders toe vir ‘n suksesvolle loopbaan in die landboubedryf, wat wissel van vurkhyser-drywing tot draadspan, en van skaaphantering tot brandweer-opleiding en nog vele meer.

‘n Erfenis van Sukses

Die Jeugskou is ‘n belangrike hoogtepunt op Augsburg se kalender. Die skool se verteenwoordiging by die Wes-Kaap Jeugskou is ongeëwenaard, en hul leerders skou met ‘n trots en passie wat ‘n weerspieëling is van die skool se toewyding tot uitnemendheid.
Augsburg Landbougimnasium is nie net ‘n skool nie – dit is ‘n lewenswyse gebaseer op trots en passie. Hierdie instelling vorm nie net landboukundiges nie, maar kweek ook leiers met ‘n diep liefde vir die landboubedryf. “Augsburg is waar jou kind wil wees.”

Vir meer inligting besoek www.augsburggim.co.za