14.1 C
Cape Town
Tuesday, April 21, 2026

Graan SA waarsku kosteknyptang bedreig volhoubare graanproduksie

FarmingGraan SA waarsku kosteknyptang bedreig volhoubare graanproduksie

Hoewel somergraangewasse in groot dele van Suid-Afrika tans redelik tot goed vertoon, waarsku Graan SA dat die grootste uitdaging van die huidige seisoen nie noodwendig in die lande sigbaar is nie, maar in die toenemende ekonomiese druk waaronder produsente moet produseer. ’n Kombinasie van lae graanpryse, skerp stygende insetkoste en hoĆ« meganisasie-uitgawes plaas winsgewendheid onder ernstige druk, ondanks aanvaarbare groeitoestande.

Volgens Richard Krige, hoof van marktoegang en ekonomie by Graan SA, is daar wel gebiede waar gewasse belowend lyk, maar produsente is deeglik bewus daarvan dat goeie stand nie noodwendig finansiĆ«le volhoubaarheid verseker nie. ā€œā€™n Goeie oes help nie as die somme nie klop nie,ā€ sĆŖ hy. Terugvoer uit die veld dui daarop dat finansiĆ«le druk tans die grootste bedreiging vir volhoubare graanproduksie is.

Nat toestande bemoeilik produksie in somergraanstreke

In die noordwestelike produksiegebiede, insluitend dele van Noordwes en die westelike Hoƫveld, het aanhoudende reƫn tot nat lande en vol watertafels gelei. Plantwerk is grootliks afgehandel, maar daar is lande wat versuip het en kolle wat oorgeplant moes word. In sommige gevalle kon lande weens aanhoudende nat toestande glad nie betyds geplant word nie.

In die noordoostelike produksiegebiede, veral Mpumalanga en Limpopo, het ’n nat en koel aanvang tot die seisoen die groeitempo vertraag. Hoewel gewasse oor die algemeen aanvaarbaar tot goed vertoon, het nat lande toegang vir opvolgbespuitings en onkruidbeheer bemoeilik. In sekere gebiede het die optimale planttyd reeds verstryk, wat produksiebesluite verder gekompliseer het.

Finansiƫle druk verskil per streek, maar raak almal

In die Oos-Vrystaat is plantwerk in baie dele goed gevorder en staan gewasse mooi, maar swaar grond en nat toestande het toegang tot lande beperk en insetkoste verhoog. In die Wes-Vrystaat het bo-normale reƫn tot verdigting, ongelyke opkoms en ekstra bewerkings gelei, wat uitgawes aansienlik opstoot.

Vir besproeiingsgebiede is die grootste knelpunt die bekostigbaarheid van energie, met elektrisiteit en diesel wat besproeiing al hoe minder ekonomies haalbaar maak. In die Suid-Kaap staan wintergraanprodusente weer voor ernstige droogte en waterbeperkings, wat produksie beperk ondanks hoƫ insetkoste.

Graan SA beklemtoon dat plaaslike graanproduksie ’n nasionale belang is. Sonder ’n meer realistiese verhouding tussen insetkoste en graanpryse, word selfs goeie produksietoestande onvoldoende om boerderye volhoubaar te hou.

Check out our other content