18.1 C
Cape Town
Friday, November 7, 2025

Saai Karoo Landboufees versterk momentum in landbou

EventsSaai Karoo Landboufees versterk momentum in landbou

Die Saai Karoo Landboufees, wat op 24 en 25 Oktober 2025 in Laingsburg plaasgevind het, het bewys hoe boere, jongmense en gemeenskappe saamwerk om die toekoms van landbou in Suid-Afrika te versterk. Die fees, wat vanjaar vir die vierde keer aangebied is, het weereens gewys dat die Karoo sy eie pad vorentoe ploeg — met kennis, tegnologie en gemeenskapsamewerking as dryfkrag.

Kennis, inspirasie en samewerking

Volgens organiseerder Prof. Manie Spamer het die fees reeds Donderdag begin met opleiding aan Kleinboere aangebied deur BKB. Die veeveilig het Vrydagoggend afgeskop, wat die toon vir die naweek se landbou-aktiwiteite gestel het. Die amptelike opening het Vrydagmiddag plaasgevind, gevolg deur ’n paneelbespreking oor ā€œLandbou in die nuwe globale landskap – uitdagings en geleenthedeā€ met Dr. Ivan Meyer, Dr. Theo de Jager en Dr. Dirk Troskie, en Heindrich Wyngaard as gespreksleier.

Tydens hierdie gesprek het Dr. Meyer, Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme van die Wes-Kaap, verwys na die belangrike rol wat boere in die Wes-Kaap speel in Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere. Hy het beklemtoon dat landbou ’n sleutelrol in werkskepping speel en dat die sektor meer as 226 000 werksgeleenthede in die provinsie bied. Sy boodskap het gefokus op landbou se bydrae tot ekonomiese groei en die noodsaak om hierdie momentum te behou. Dr. De Jager het die kernwaarde van familieboerdery onderstreep as ’n pilaar van volhoubare landbou, terwyl Dr. Troskie waardevolle data oor boerderymetodes en voorkeurgewasse in die Karoo gedeel het — insigte wat plaaslike produsente direk kan toepas.

Saai Karoo Landboufees

Produsente en tegniese insigte

As deel van die produsenteprogram het Klein Karoo Sade ’n afsonderlike inligtingsessie aangebied waar boere meer oor saadverbouing en nuwe kultivars geleer het. Hierdie praktiese voorligting het die tegniese komponent van die fees versterk en boere toegerus met toepaslike kennis vir toekomstige seisoene.

Jeug en tegnologie bou momentum

In sy toespraak aan HoĆ«rskool Laingsburg-leerlinge het Dr. Meyer die waarde van landbou as beroep beklemtoon. Hy het verduidelik hoe moderne boerdery toenemend op tegnologie steun – van presisieboerdery wat grondvog via satelliete meet, tot selfoontegnologie wat boere waarsku wanneer plante water benodig. ā€œRuimtetegnologie werk vandag op plaasvlak – selfs in die Karoo,ā€ het hy gesĆŖ, en jongmense aangemoedig om landbouloopbane te oorweeg.

Gemeenskap, jeug en vroue in die kollig

Meer as 70 uitstallers het deelgeneem met demonstrasies en produkte, terwyl die gesprek oor geweld teen vroue, gelei deur Heindrich Wyngaard, ’n ernstige sosiale dimensie bygevoeg het. Die vroueprogram met AmorĆ© Bekker, die Mej. Landbou-kompetisie, en die jeugopleiding deur die Departement van Landbou het gewys dat die toekoms van landbou reeds in jong hande lĆŖ.

Saai Karoo Landboufees

Selfs die basaar van plaaslike kerke het groot sukses behaal, met fondse wat hul gemeenskapsprojekte versterk het. Die gewilde wolbaaldra-kompetisie, met Giepie Caldo van BKB as aanbieder, het groot opgewondenheid veroorsaak en die fees ’n egte Karoo-karakter gegee.

Momentum vorentoe

Volgens Prof. Manie Spamer was die vierde Saai Karoo Landboufees vir die organiseringskomitee ’n groot sukses. ā€œBywoningsyfers het aansienlik gegroei, en boere is bekendgestel aan nuwe tegnieke en metodes wat in boerdery geĆÆmplementeer kan word,ā€ sĆŖ hy. ā€œProgramme deur die Departement van Landbou, Wes-Kaap vir die jeug en kleinboere was besonder gewild, en die terugvoer was uiters positief. Die organiseringskomitee is reeds besig met retrospeksie en die beplanning vir volgende jaar, terwyl al die groot borge reeds bevestig het dat hulle weer gaan terugkeer na Laingsburg in 2026.ā€

Check out our other content