Die Nedbank Neutfees, gehou op die bekoorlike Plaas Sewenster buite Groblershoop in die Noord-Kaap, het boere, families en landboukundiges van regoor die streek gelok vir ’n naweek wat beskik het oor praktiese demonstrasies, tegnologiese bekendstellings en waardevolle boerdery-insigte. Met pekanneutproduksie as fokustema, het die fees ’n ideale platform geskep vir produsente om deur praktiese ondervinding te leer – en een van die uitblinkers was sonder twyfel die bekendstelling van die Rovic Syncrospray Spuit, met sy gepatenteerde Superflow Toring.
Tydens ’n demonstrasie het Philip Oosthuizen, Meganisasie Verkoopsbestuurder by Rovic in Blackheath, die beginsels van doeltreffende toediening uiteengesit. “Die doel is dat die spuitmiddel akkuraat, eweredig en veilig op die teikenoppervlak toegedien word – want dit is die grondslag van enige suksesvolle toediening,” sê Oosthuizen.
Volgens hom beloop die gemiddelde jaarlikse chemiese koste per hektaar vir pekanneute sowat R8 000. Hierdie koste is ’n gegewe. “Al het produsente geen beheer oor internasionale pryse nie, het hulle wel beheer oor hul insetkoste – en dit is waar presiese toerusting soos die Syncrospray ’n verskil maak.”
Kragtige toediening vir hoë boorde
Die Rovic Syncrospray Superflow™, nou in sy tweede generasie met meer as 100 ontwerpverbeterings, is beskikbaar in 3000 ℓ en 4000 ℓ modelle en spesiaal ontwerp vir hoë boorde soos pekanneutbome. Die Superflow™-toring is 3,3 m hoog en, saam met die kragtige waaier wat ’n lugvolume van 75 700 m³/h verplaas, stel dit die spuit in staat om pekanneutbome tot ’n hoogte van 12 tot 15 meter te bereik. En ondanks hierdie indrukwekkende werkverrigting benodig dit slegs ’n 85 pk trekker om die stelsel aan te dryf.
Verder beskik dit oor ’n waaierdeursnee van 1120 mm, en ’n pistonpomp met ’n lewering van 265 ℓ/min wat bydra tot kragtige en volledige toediening – selfs in digte of hoë boomtoppe. ’n Skoonwatertenk van 234ℓ is ook ingesluit vir spoel en onderhoud na gebruik.
Koste-effektief en akkuraat
Hoewel die belegging nie gering is nie, is die totale koste per hektaar, oor 10 jaar geskat op sowat R530, met jaarlikse toedienings- en onderhoudskoste van ongeveer R985/ha. “Dit is beduidend laer as die chemiese koste – en dit maak dit ’n strategiese en berekende belegging,” sê Oosthuizen.
Met die integrasie van ARAG se BRAVO 180 DPA-beheerstelsel, wat die toedieningsvolume aanpas volgens die trekker se snelheid, word verseker dat die regte hoeveelheid spuitmiddel altyd akkuraat op die regte plek toegedien word – ongeag terrein of spoed.
’n Belegging in opbrengs en doeltreffendheid
Die Neutfees het bewys hoe belangrik dit is dat produsente toegang het tot die nuutste tegnologie en praktiese demonstrasies. Vir diegene wat hul boorde ernstig opneem, is dit duidelik: die Rovic Syncrospray reeks van Spuite is nie net ’n werktuig nie – dit is ’n belegging in opbrengs, doeltreffendheid en die volhoubare bestuur van pekanneutboorde in die Noord-Kaap en reg oor Suid-Afrika.
Vir meer inligting besoek www.rovic.com