12.1 C
Cape Town
Friday, September 19, 2025

Landbouskoue: Sleutel tot groei in die platteland

NewsLandbouskoue: Sleutel tot groei in die platteland

Landbouskoue speel ’n sleutelrol om landbou en plaaslike ekonomieë in die platteland aan te wakker. Hierdie skoue is dekades gelede begin om gehalte landbouprodukte, insluitend diere, te beoordeel, erkenning te gee en gemeenskap te bou.

Só het Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri-Expo, tydens hul jaarlikse Agri-Expo Ledeskou-vergadering gesê. Dié vergadering, wat op 6 Junie 2025 by Houw Hoek buite Grabouw plaasgevind het, is ‘n jarelange tradisie wat fokus op opleiding vir verteenwoordigers van landbouskoue.

Vanjaar se vergadering het 60 afgevaardigdes van die Wes- en Noord-Kaap die kans gegee om idees uit te ruil en met vars inspirasie terug te keer na hul skoue.

“Ons program het gefokus op telers, beoordelaars en beamptes se belangrike rol en hoe om die ba-siese dinge by ‘n skou reg te doen vir ‘n volhoubare skoubedryf,” sê Milford.

LEWENSBYDRAES TOT SKOUBEDRYF VEREER

Eretoekennings is aan drie persone oorhandig vir hul lewenslange bydraes tot die skoubedryf en hul verbintenis met Agri-Expo.

Landbouskoue

Die ontvangers is:

Dr Dirk Troskie, wat ‘n leidende rol gespeel het om die verhouding tussen skoue en die Wes-Kaapse Departement van Landbou oor baie jare te versterk;

Pierre Vlok, een van die mees gerespekteerde skoubeoordelaars met ‘n groot liefde vir skaap en wol; en

Dries Wiese, ‘n bekende stoetteler en beoordelaar met ‘n ongekende passie vir die skoubedryf.

SKOUE WAT UITBLINK, WORD BELOON

Agri-Expo het toekennings oorhandig aan skoue wat op die volgende terreine uitgeblink het:

  • Innovasie: Riversdalskou
  • Kwaliteit-aanbieding: Robertsonskou
  • Nuwe Toetreder – Ontwikkeling: Beaufort-Wes Skou
  • Gemeenskapsbetrokkenheid: Loxtonskou
  • Jeugontwikkeling: Swartlandskou

SKOUKENNERS DEEL INSIGTE

Sprekers het ingesluit:

Dries Wiese, voormalige president van die Dorper Telersgenootskap, wat gepraat het oor vertoners, die gemeenskap en vroue se deelname;

Jurie Wessels, ‘n bekende aankondiger en beoordelaar, oor die praktiese prosesse en basiese be-hoeftes van beoordelaars en beamptes; en

Anneke de Klerk en Annaline van Wyk, bestuurslede van Clanwilliamskou, oor hul skou se omkeer-strategie en hoe hulle die gemeenskap weer betrokke gekry het.

 

Vir meer inligting oor Agri-Expo se ledeskoue, besoek www.agriexpo.co.za.

Check out our other content