Die Wes-Kaap Jeugskou-kampioenskappe het onlangs op Bredasdorp plaasgevind, waar sowat 200 leerders van regoor die Wes-Kaap deelgeneem het. Hierdie prestige-geleentheid is aangebied deur Agri-Expo in vennootskap met die Wes-Kaapse Departement van Landbou en Hollard. Na ‘n spannende kompetisie is 103 leerders gekies om die provinsie by die SA Jeugskou Kampioenskappe, wat plaasvind in Middelburg, Transvaal […]